Die voormalige mej. Wêreld se jongste dogter gaan trou.
Anneline Kriel het haar dogter, Witney Tucker, se verlowing aan Shaun de Wet op haar Facebook-blad gedeel.

Kriel, wat in Mauritius woon, het gesê dis ‘n baie spesiale tyd in hulle lewe en dat sy en haar man, Peter Bacon, die paartjie ‘n gelukkige toekoms toewens.
Witney is een van haar dogters uit haar huwelik met wyle Philip Tucker. Hulle het nog ‘n dogter, Tayla, saam gehad.
Witney en Shaun het in die Le Quartier Francais-hotel op Franschhoek verloof geraak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



