Eskom ontken bewerings dat hy SSA se keuring van Andre de Ruyter vertraag

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het bewerings ontken dat dit die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se keuringsproses van sy uitvoerende hoof, Andre de Ruyter, vertraag.

Eskom het in ‘n kort verklaring gesê hulle is nie bewus van enige versoek deur die SSA vir enige dokumentasie oor sy hoof- uitvoerende beampte wat van Junie dateer nie.

“Eskom het eers in Oktober 2022 die keuringsdokumente – Z204-vorms – vir verwerking deur die hoof- uitvoerende beampte (wat sedert Januarie 2020 in hierdie pos is) en ander bestuurders, ontvang” het Eskom-woordvoerder, Sikhonathi Mantshantsha, gesê.

Hy het gesê Eskom het die parlement die afgelope drie jaar gereeld op hoogte gehou van die vertragings in hierdie proses.

“Dit is dus onakkuraat om te beweer Eskom het die keuringsproses van sy uitvoerende beamptes vertraag. Sedert die ontvangs van hierdie vorm het die keuringsproses vir die uitvoerende span in alle erns begin, en Eskom sal alles moontlik doen om hierdie proses so gou moontlik te voltooi,” het Mantshantsha gesê.

Bronne: IOL, African News Agency, Scoopnest

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Springbok-plaasvervanger Thomas du Toit geskors na rooi kaart