‘n Ongeluk wat gisteraand om ongeveer 23:00 tussen drie vragmotors op die N2 tussen Pongola en Piet Retief in ‘n noordelike rigting plaasgevind het, het veroorsaak dat die pad noodgedwonge vir ‘n lang tyd gesluit moes word.
Na bewering het twee tenkers wat twee verskillende sure vervoer het met ‘n kanttiepvragmotor (side tipper) wat steenkool vervoer het, gebots
Die een tenker het soutsuur (hydrochloric acid) UN1789 vervoer terwyl die ander tenker sulfarsuur (sulpharic acid) UN 1830 vervoer het, en die ander steenkool.
As gevolg van die ongeluk is suur op die teeroppervlak gemors en moes die pad na beide kante toegemaak word vir verkeer om dit te kan skoonmaak.
Padgebruikers is gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
SM Towing en Mkhondo-brandweer-en-reddingsdienste was saam met ander owerhede op die toneel.
Dit is tans onbekend wat die toestand van die bestuurders van die vragmotors is.
Bron: SA Trucker
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



