Belinda Magor word uitgesit

Deel hierdie storie / Share this story

Belinda Magor, die vrou wat verantwoordelik was vir ’n rassistiese WhatsApp-stemboodskap, is kennis gegee dat sy ’n ander blyplek moet soek, want sy word uitgesit by haar huidige woning.

Belinda Magor het in ’n stemboodskap gesê swart mans is slegter as pitbulls en húlle moet eerder verban word.

Magor se uitsetting is een probleem in ’n lang lys ná haar stemboodskap soos ’n veldbrand versprei het.

Magor is in hegtenis geneem na ’n saak van crimen injuria teen haar oopgemaak is deur die Azanian People’s Organisation (Azapo). Ander aanklagte teen haar is die aanhitsing van geweld, volksmoord en haatspraak.

Haar saak word op 27 Maart 2023 in die hof aangehoor.

Azapo het ook buite haar huis betoog en gesê sy moet die land verlaat. Hulle het ook ’n petisie geloods dat swart Suid-Afrikaners sake teen haar moet oopmaak.

Die Suid-Afrika Menseregtekommissie het ook ’n aanmaningsbrief vir Magor uitgereik.

Magor het haar diabetes blameer vir haar uitlatings.

Bronne: Briefly, Sowetan LIVE, The Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Al meer as 300 dood in Iran-optogte