’n Slagoffer wat ontvoer is, het gesterf kort nadat hy gered is.
Die polisiewoordvoerder in Noordwes, lt.kol. Amanda Funani, sê verdagtes het die slagoffer van Taung na ‘n huis in Magogoe-dorpie, buite Mahikeng, geneem.
“Die polisie het daarin geslaag om die voertuig op te spoor waarmee die verdagtes na Mahikeng gery het. Die slagoffer is in die agterkamer van die eiendom gevind. Hy is dood kort nadat hy gered is.”
Die polisie het vyf verdagtes in hegtenis geneem.
Die drie wat Donderdag in hegtenis geneem is – Aobakwe Ntsomane (32), Modisa Ralokwakweng (31) en Kabelo Badimo (31) – het Maandag in die Molopo-landdroshof verskyn. Hulle sal Vrydag om borgtog aansoek doen.
Twee ander verdagtes wat met die saak verbind word, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, is in Polokwane in hegtenis geneem terwyl hulle weggekruip het. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Molopo-landdroshof verskyn.
Die polisie ondersoek sake van ontvoering en moord.
Bronne: Times LIVE, 15 Minute News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Al meer as 300 dood in Iran-optogte



