Vermiste baba op dag 3 onder in puttoilet gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Baba Malwelwe (18 mnde) van Letlhakeng, Botswana wat sedert Saterdagaand vermis was, is eers Maandagmiddag lewendig binne-in ‘n puttoilet gevind.

Boitshwaro Kentshitswe (54), die baba se groottante, sê sy ma het hom Saterdag om 09:00 by haar afgelaai saam met twee nefies van onderskeidelik (2) en (4) jaar oud.

Volgens die tannie het sy hom soos gewoonlik in die sorg van die ander kinders gelaat terwyl sy na die lande toe is. Toe sy om 14:00 terugkeer, was die baba vas aan die slaap.

Die kleinding se ma het haar gehelp om die kinders om ongeveer 16:00 te voer, waarna die kinders na hul ouma, Kgalwane Kentshitswe, se plek net langsaan gegaan het om te speel.

Die twee ouer kinders het later sonder die baba teruggekeer en gesê hy speel nog by die ouma.

Nie lank daarna nie is daar ontdek dat die baba vermis is. Daar is tot 03:00 die volgende oggend na hom gesoek, waarna hulle hom as vermis by die polisie wou aanmeld. Hulle het tevergeefs geklop by die polisiestasie; die polisiebeampte aan diens was glo aan die ander kant van die gebou.

Sondag se soektog het ook niks opgelewer nie en die hulp van speurders is ingeroep. Einde ten laaste is die deursoeking op die puttoilette gefokus. Kgalwane Kentshitswe, hul ouma se plek,

Ongelooflik soos dit mag klink, het soekers, wat sedert die Saterdagaand tot die Maandagmiddag na die baba gesoek het, die spesifieke toilet tydens hul soektog gebruik. Die toilet moes oopgebreek word om die baba te bevry.

Die verswakte baba sou volgens beriggewing nie langer in die toilet kon oorleef nie en is net betyds gevind. Hy is na ‘n hospitaal geneem waar hy aansterk. Sy ma het laat weet dat hy eet, speel en kommunikeer, maar stadige vordering maak met sy oë wat bly toeval.

Bron: TheVoiceBW en the Voice Newspaper Botswana

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.