Polisie konfiskeer meer as R16 miljoen se kokaïne in Durban

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke in Durban het Maandag kokaïne ter waarde van R16,8 miljoen in Clairwood gekonfiskeer.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder, sê die spanne is Maandag na ‘n pakhuis in Clairwood ontbied waar hulle op verdagte pakkies afgekom het. Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat dit kokaïne ter waarde van meer as R16,8 miljoen was.

Niemand is nog in verband met die vonds in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel