Opvolg: Girokopter het vanoggend in Brakpan geval

Deel hierdie storie / Share this story
Foto verskaf

‘n Girokopter het om ongeveer 10:20 in Brakpan-Noord aan die Oos-Rand, Gauteng agter ‘n skietbaan neergestort. Die noodroep het oorspronklik deurgekom as ‘n helikopter wat geval het.

Na bewering het die girokopter se enjin in die lug gaan staan en het die vlieënier probeer om ‘n noodlanding te maak.

Hulle het glo die bome getref en die girokopter het in die rondte begin tol en daarna geval.

Nood- mediese dienste en die brandweer was vinnig op die toneel om die twee insittendes wat ernstig beseer is, te behandel. Een van die beseerdes is deur Netcare 911 na die hospitaal gevlieg vir verdere mediese behandeling.

Die name van die insittendes is nie bekend nie.

Nitromed, Netcare 911, ER24, Guardian Angels First Responders en EMS Chaplaincy and Trauma Support het bystand en behandeling verleen.

‘n Opvolgberig sal gedoen word wanneer meer inligting beskikbaar is.

Bron: Anoniem

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.