Drie Nigeriese vlugtelinge wat vir 11 dae op die roer van ‘n olie- en chemiese tenkerskip genaamd Alithini II in die oop see gevaar het en tans vir dehidrasie en hipotermie behandel word, is Maandag deur die Spaanse kuswag in Las Palmas gered.
Volgens Spaanse owerhede het die drie hulself van Lagos in Nigerië tot by Las Palmas in die Kanariese Eilande op die buitenste roer van die tenkerskip gebalanseer.
Op ‘n foto wat deur die kuswag gedeel is, kan gesien word waar die drie op die roer naby die tenkerskip se agterstewe met hul voete slegs ‘n meter weg van die water af, staan.
Bron: The Guardian en Global News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



