Twee mans is Woensdagoggend omstreeks 10:45 in KwaZulu-Natal in ‘n bekende koffiewinkel geskiet.
Daar was glo ‘n skietvoorval by die winkelsentrum in die Malvern-omgewing van Queensburgh.
Beide mans is in ‘n kritieke toestand gevind en gevorderde lewensondersteuning was nodig om hulle te stabiliseer, voordat hulle deur ‘n ambulans na nabygeleë hospitale gehaas is vir verdere sorg.
Die motief vir die skietery is onbekend en sal deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



