Man in botsing na besering met kettingsaag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat Maandagmiddag met ‘n kettingsaag beseer is, was op die koop toe, direk na sy besering, in ‘n botsing op die Howickpad in KwaZulu-Natal.

Mi7 National Group EMS is na die toneel van ‘n motorongeluk uitgeroep. Mediese beamptes wat op die toneel aangekom het, het ‘n voertuig gekry wat in ‘n muur vasgery het nadat die bestuurder daaroor beheer verloor het. Na bewering het die man, wat vroeër met ‘n kettingsaag beseer is, hospitaal toe gejaag toe hy glo agter die stuurwiel van sy motor flou geword het en in ‘n muur vasgery het.

Hy is deur die gemeenskap en sekuriteitsdienste ondersteun totdat paramedici op die toneel aangekom, hom gestabiliseer en hospitaal toe geneem het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.