“Hierdie is Leandri Herbst.
Sy is ‘n 15-jarige dogter wat selfdood gepleeg het as gevolg van boelies by Hoërskool Riebeeckrand,” skryf Devon Hofmeyr, Steve Hofmeyr se seun op sy Facebook-blad.
Leandri is glo deel van die drie leerders wat die laaste twee weke selfdood gepleeg het as gevolg van boelies by Hoërskool Riebeeckrand.
“Sy is ook die meisietjie wat langs my en die Bittereinders gestaan het tydens die Jan Viljoen-insident. Hierdie is ‘n bitter pil vir ons om te sluk vandag. Ons het baie vrae en min antwoorde.”
Devon sê verder hy en die Bittereinders sal volhard saam met die familie wat hierdie moeilike stryd aanpak.
“Hoërskool Riebeeckrand SAL antwoord op die vrae wat ons het rondom hierdie situasie.
“Dit is tyd dat hierdie “Anti Bullying” organisasies wat der duisende rande uit die publiek uit melk deur ‘n emosionele benadering met mense te hê hulle vingers uit hulle gatte uit trek en by die regte mense en skole uitkom. Ons verloor ons kinders op strepe,” skryf Devon.
Plasings van die skool op hul Facebook-blad:
“Dit is met groot hartseer dat ons die tragiese nuus moet deel dat ons een van ons graad 9-dogters, Leandri Herbst, vandag aan die dood moes afstaan.
Ons innige meegevoel gaan uit aan haar familie, geliefdes en vriende. Mag God julle in hierdie hartseer tyd vashou en vertroos. Julle is in ons gebede ingesluit. Die skool wil ook graag enige nodige ondersteuning aan haar ouers en familie bied.
Leandri sal beslis deur haar onderwysers en mede-leerders gemis word.
Verdere reëlings rondom ‘n roudiens by die skool in haar eer sal op ‘n latere stadium deurgegee word.“

“We would like to take a moment to thank all the learners, parents and members of the public who attended the memorial service in honour of Kearabetswe Ledima and Schalk Groenewald this morning.
Die diens was hartroerend en leerders, familie, vriende en onderwysers het die kans gehad om ‘n blom by ons gedenksteen neer te lê ter ere van Kearabetswe en Schalk.
Na afloop van die diens het ons ook begin met ons Kneel for 10-inisiatief waar ons vir die volgende 10 dae elke dag om 10:00 gaan bid vir ons leerders, ons skool, ens.
Reëlings oor ‘n gedenkdiens vir Leandri Herbst sal binnekort aan u gekommunikeer word.
Ons nooi die Randfontein-gemeenskap uit om elke dag saam met ons te bid vir 10 minute om 10:00 vir die welstand, veiligheid en gesondheid van ons leerders.“


FiND iT het navraag by die skool oor hierdie insidente gedoen.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het oor selfdoodgedagtes, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.


