Slaghuisbestuurder vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuurder van ‘n slaghuis/supermark is noodlottig gewond nadat hy Dinsdag tydens ‘n rooftog in Industrial Park-rylaan in Phoenix KZN geskiet is.

Lede van Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is omstreeks 10:18 na die toneel uitgeroep. Met hul aankoms is vasgestel dat twee gewapende verdagtes die winkel binnegegaan het.

Die bestuurder is oorlede na hy in die kop geskiet is.

Die verdagtes het met leë hande te voet in ‘n onbekende rigting gevlug. ‘n Gebruikte 9 mm-patroon is in die winkel gekry.

Die Rusa- R44 helikopter help met die soektog na die verdagtes, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel