Volgens die nuuste brandstofpryse sal die petrolpryse na verwagting effens styg, terwyl dieselpryse skerp daal.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui aan dat die volgende styging/daling in brandstofpryse (gegrond op onderverhalings en oorverhalings) op Woensdag 7 Desember verwag kan word:
- 95-oktaan-petrol: Styg met 41c per liter
- 93-oktaan-petrol: Styg met 30c per liter
- 0,05%-swael-diesel: Daal met R1,48 per liter
- 0,005%-swael-diesel: Daal met R1,42 per liter en
- Paraffien: Daal met 41c per liter
Die bogenoemde data is op Maandag 28 November vasgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



