‘n Vrou (35) het Sondag in die see by Glentana in die Wes-Kaap verdrink.
André Fraser, diensbestuurder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Mosselbaai, sê personeel het tydens roetine-opleiding gereageer op inligting dat ‘n vrou daar verdrink het.
Verskeie spanne het op die inligting reageer en met die spanne se aankoms was die vrou reeds deur ‘n lid van die plaaslike buurtwag uit die water gehaal. KPR is op die vrou toegepas, maar sy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



