Irene Cara (63), Amerikaanse sangeres en aktrise wat meer bekend is vir die film Fame waarvan sy die titelsnit help skryf en sing het, asook Flashdance – What a feeling, is Saterdag by haar huis in Largo, Florida aan ‘n onbekende oorsaak, dood.
Sy het as kind aan verskeie Broadway musicals deelgeneem, maar het oornag ‘n sensasie geword met die sing van Fame se titelsnit waarvoor sy ‘n nominasie by die 1981 Golden Globe Awards ontvang het vir Beste Aktrise.
In 1980 het sy eers Fame en toe in 1983 Flashdance – What A Feeling help skryf en sing.
Flashdance het vir haar ‘n Grammy-toekenning vir die beste vroulike pop- vokale vertoning asook ‘n Academy-toekenning vir die beste oorspronklike liedjie besorg.
Boodskappe van simpatie van ander sterre stroom in.

Bron: BBC en Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



