Die akteur wyle Zack du Plessis sou vandag 72 jaar oud gewees het. Hy is in 2011 op die ouderdom van 61 oorlede.
Hy was bekend vir sy rolle in Afrikaanse sitkoms soos Orkney Snork Nie en Vetkoekpaleis.
Du Plessis het in meer as 25 flieks, verskeie Suid-Afrikaanse televisie-sitkoms en teaterproduksies gespeel. Hy het ‘n huishoudelike naam geword met die koms van televisie in Suid-Afrika in die 1970’s.



