Nadat nóg ‘n leerder laasweek verdrink het, het Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir onderwys in Limpopo, ‘n beroep op leerders gedoen om weg te bly van riviere en strome.
‘n Matriekleerder van Sekondêre Skool Leagathoko het Donderdagmiddag in Sekhukhune-Oos in Limpopo verdrink.
Volgens ‘n polisieverklaring het die seun, wat ekstra klasse moes bywoon, eerder saam met sy vriende in die Olifantsrivier gaan swem. Leerders het glo gesien hoe die leerder verdrink en die onderwysers in kennis gestel.
Sy liggaam is Saterdagmiddag gevind, vyf kilometer van waar hy laas gesien is.
Die omstandighede van hoe die leerders die skoolterrein verlaat het, sal ondersoek word.



