KYK: Leeu val sirkusafrigter aan gedurende vertoning

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video van ‘n leeuwyfie wat ‘n sirkusafrigter tydens ‘n vertoning aanval, word wyd op sosiale media versprei.

Ontstellende beeldmateriaal van die voorval wys hoe die groot kat die afrigter, Maxim Orlov, aanval tydens ‘n optrede van die Ural Travelling Circus.

Volgens Daily Mail het vreesbevange toeskouers uit die sirkustent gehardloop toe die leeuwyfie, genaamd Vega, aanvallend begin raak het.

Orlov en ander lede van die sirkus kon die groot kat afweer, maar nie voordat sy daarin geslaag het om beserings aan Orlov se arms en bene te veroorsaak nie.

Ná die aanval is met die leeu-afrigter na ‘n hospitaal in Moshkovo, Novosibirsk-streek, gehaas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel