‘n Jong man is dood nadat hy glo by ‘n kroeg in Klerksdorp, Noordwes aangerand is.
Wayne van Zyl (23) was glo in ‘n argument betrokke.
Volgens ‘n verklaring deur die polisie is Van Zyl na bewering aangerand en op die toneel dood verklaar.
Die verdagte is aan die polisie bekend, maar nog nie in hegtenis geneem nie.
Meer inligting oor die saak kon nie bekendgemaak word nie omdat die ondersoekbeamptes eers Maandag getuieverklarings gaan neem het.
‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



