Die Melk Fest, wat Vrydag en Saterdag op die Star Raceway-gronde in Klerksdorp, Noordwes plaasgevind het, het letterlik en figuurlik weggewaai.
Die fees moes noodgedwonge veiligheidshalwe gestop word toe storm en wind die fees in sy spore gestuit het.
Sangers soos Brendan Peyper, Bok van Blerk, Riaan Benadé, Early B, Bernice West, Rooksein en ander se optredes moes gekanselleer word, alhoewel die feesgangers die fees voor die storm geniet het.
Vrydag het kunstenaars soos Droomsindroom, Straatligkinders, Francois van Coke, Van Pletzen en meer opgetree.
Bart Havenga en Leandri Day, die organiseerders, het die feesgangers bedank vir hul ondersteuning en dat begrip dat die fees gekanselleer moes word. Hulle het verder die polisie, veilgheidspan en rampbestuur bedank wat almal veilig gehou het toe die fees beëindig is.
Bron: Melk Fest Facebook-blad en Overvaal Stereo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



