Vrou op pad werk toe deur honde verskeur, dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (37) van Port Alfred is vanoggend op pad werk toe dood toe sy deur twee honde verskeur is.

Volgens die polisie was die 37-jarige vrou omstreeks 07:45 op pad werk toe, toe die honde haar aangeval het. Twee mans wat die aanval gesien gebeur het, het dit by ‘n sekuriteitsbeampte in die area gerapporteer.

Die beampte het die polisie in kennis gestel, maar met die polisie se aankoms op die toneel, het die vrou se erg beseerde liggaam reeds langs die pad gelê.

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die ras van die honde is nog nie bekend nie.

Enigiemand met inligting oor wie die eienaar van die honde is, kan die polisie by 046 604 2405 of 082 332 8794 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel