Die liggaam van ‘n gedeeltelik naakte vrou is Sondagmiddag langs ‘n spoorlyn in Garlandstraat in Temple Valley KZN ontdek.
Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) het om 13:27 ‘n oproep om bystand ontvang nadat ‘n verbyganger die ontdekking in die omgewing van ‘n oorhoofse voetgangerbrug langs die spoorlyn gemaak het.
By aankoms kon reaksiebeamptes nie die perrsoon wat hulle gekontak het opspoor nie en pogings om hom telefonies te kontak, was onsuksesvol.
Beamptes het ‘n uitgebreide deursoeking van die oorgroeide plantegroei aan weerskante van die spoorlyn gedoen en die vrou se liggaam gevind.
Sy het trauma aan haar gesig en merke om haar nek opgedoen.
Sy was naak van onder die middellyf.
Reaksiebeamptes het onderhoude gevoer met lede van die publiek wat bevestig het dat die vrou ‘n prostituut en heroïenverslaafde was.
Sy is laas omstreeks 19:00 Saterdag in Toddstraat in die Verulam CBD gesien.
Omstandighede wat tot haar moord gelei het, is nie bevestig nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



