‘n Graad 11-leerling aan die Kaeleng Secondary School in Bloemfontein is Dinsdag by die skool doodgesteek.
Die departement van onderwys in die Vrystaat het ‘n verklaring uitgereik na die voorval wat in Rocklands in Bloemfontein plaasgevind het.
Volgens die departement het ‘n gewelddadige bakleiery tussen die leerlinge uitgebreek en die 20-jarige is doodgesteek. Daar is met hom na ‘n plaaslike hospitaal gejaag, maar hy het aan sy bewerings beswyk.
Die polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



