‘n Afleweringswerker vir DPD-koerierdienste is Woensdagoggend dood in sy afleweringsvoertuig gekry na hy sewe dae ‘n week, tot en met 14 uur per dag, gewerk het om aflewerings vir Black Friday-aanbiedinge te doen.
Daily Mail berig die 49-jarige Warren Norton se kollegas het op sy liggaam in sy voertuig in Dartford, Kent, Engeland, afgekom.
‘n Bron het aan ‘n plaaslike koerant gesê dat Norton “al die ure onder die son” gewerk het om soveel moontlik pakkies af te lewer voor vandag.
Sy kollegas wat op sy liggaam in sy voeruig afgekom het, was eers onder die indruk dat hy slaap weens uitputting. Hulle het glo aan die voertuig se venster geklop, maar hy het nie reageer nie. Ander kollegas het sy venster gebreek toe hy nie beweeg het nie, en Daily Mail berig Norton het by die deur uitgeval toe dit oopgemaak is. Hy is op die toneel dood verklaar.
Afleweringswerkers werk meestal vir hulself, begin soms 06:00 soggens werk en laai partykeer meer as 150 pakkies in ‘n dag af.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



