‘Kom vier Willem se lewe saam met ons’- Kruger-familie

Deel hierdie storie / Share this story

Kom vier saam met ons Willem se lewe. So lui die begrafnisbrief van Willem Kruger.

“Weereens baie dankie vir elke persoon wat vir ons gebid het en vir elke boodskap. Ons is almal ewig dankbaar. Baie dankie vir elke liewe mens wat ons help soek het. Daar is nie woorde wat ons dankbaarheid kan beskryf nie.

Willem Kruger, ek mis jou alreeds meer as wat ek kan beskryf. Jy was die beste boetie/seun/oom/vriend. Ons WONDERWERK WILLEM!!! Ek is ONEINDIG BAIE LIEF VIR JOU!!!!!!!!!!!,” skryf sy suster Melissa Viljoen op Facebook.

Die 29-jarige Willem was sedert 12 November vermis.

Sy bakkie met sy liggaam daarin is Dinsdagoggend 22 November om 10:45 uit die Vaalrivier getrek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel