Willem Kruger (29) se familie gaan glo ‘n privaat patoloog kry om die lykskouing op hom te doen.
Willem, wat vir nege dae vermis was, se liggaam is Dinsdag nog in sy bakkie in die Vaalrivier gekry.
Volgens Netwerk24 gaan daar Vrydag ‘n lykskouing op Ermelo deur ‘n staatspatoloog gedoen word, maar die familie wil steeds ‘n privaat pataloog aanstel omdat dit vir hulle belangrik is om afsluiting te kry.
Tian en Stephanie Kruger, Willem se ouers, sowel as sy twee susters, Danelle Verwey en Melissa Viljoen, was Dinsdag op die toneel toe sy bakkie uit die rivier gesleep word.
Hulle was ontroosbaar.



