Student dood in fratsongeluk by SAPS se taktiese akademie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Student by die SAPS se taktiese akademie in Thabazimbi Limpopo is Sondag 20 November om ongeveer 11:25 tydens opleiding noodlottig in ‘n skietvoorval gewond.

Na bewering het ‘n sersant gemoeid met opleiding ‘n vuurwapen aan ‘n groep studente gedemonstreer toe ‘n skoot afgegaan het en ‘n student getref het wat aan die skietwond gesterf het.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die gestorwe student se familie ontvang berading van die polisie se Employee Health and Wellness-eenheid. Die studente in die akademie sal ook bygestaan word.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer. Die voorval word deur Opod ondersoek.

‘n Student wat op 13 Desember uitpaseer, het haar skok teenoor FiND iT uitgespreek en gesê die voorval het al die studente geraak. Die naam van die sersant en student is bekend aan FiND iT, maar word weerhou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.