Video: Ma in hegtenis ná seun vir 14 jaar in plafon bly

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat glo vir 14 jaar in die plafon van sy ma se huis gewoon het, is onlangs deur die polisie in Zengeza, Zimbabwe uit jarelange opsluiting gered.

Volgens H-Metro is die 39-jarige man, bekend as Grant, ontdek toe owerhede sy pa se ontbinde liggaam uit die huis kom verwyder het.

Grant se ma is as Gogo Mahlahla geïdentifiseer. Sy het owerhede eers van haar man se dood in kennis gestel ná sy liggaam reeds begin ontbind het. Grant se pa was in ‘n rolstoel.

Bure het aan H-Metro gesê dat hulle Grant 14 jaar gelede gesien het.

In die video sit Grant geboei in die agterkant van ‘n vangwa, omring deur ‘n groot groep mense, na hy gered is. Hy lyk deurmekaar.

Mahlahla het geweier om aan H-Metro te sê waarom sy so lank saam met haar man se liggaam gebly het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel