Jason David Frank (49) Mighty Morphin Power Rangers se ster dood

Deel hierdie storie / Share this story

Jason David Frank (49) wat Tommy Oliver, die groen Power Ranger en later die wit Power Ranger was in die 1990’s gunstelingkinderreeks The Mighty Morphin Power Rangers, is op 20 November oorlede.

Sy rol was eers dié van ‘n slegte persoon wat toe goed uitgedraai het in die eerste reeks van die gewilde kinderprogram in 1993.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie, maar sy dood is deur sy verteenwoordiger aan People Magazine bevestig.

Hy word oorleef deur sy seuns Hunter en Jacob en dogters Skye en Jenna. Tammie Frank, sy vervreemde vrou, het in Augustus vir ‘n egskeiding gevra, volgens hofdokumente wat E! News verkry het.

Bron E! News en Inside Edition

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.