Twee verdagtes vas wat juwelierswinkel in Kby beroof

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes van onderskeidelik 24 en 35 jaar oud wat glo ‘n juwelierswinkel in Kimberley beroof het en van die toneel gevlug het, is nou agter tralies.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die rooftog het op 20 November plaasgevind.

Die polisie het na die rooftog ‘n soektog geloods om die verdagtes vas te trek. Juweliersware ter waarde van R400 000 is glo in die verdagtes se besit gevind. Die juwele, ‘n voertuig wat in die rooftog gebruik is en ‘n vuurwapen is gekonfiskeer.

Die verdagtes is glo ook by ander misdade in die Noord-Kaap en die Vrystaat betrokke. Die verdagtes sal volgens kapt. Tawana Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel