Leerling wat glo ander leerling vermoor, in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die 20-jarige leerliing wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 21-jarige medeleerling by die skool vermoor het, het Maandag in die Lenasia-landdroshof verskyn.

Die graad 11-leerling, Amogelang Nkomo, sal tot 5 Desember in aanhouding bly om ‘n prokureur aan te stel.

Volgens die polisie in Gauteng se inligting het ‘n groep seuns glo buite die skool baklei toe die 21-jarige leerling met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Die leerling is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling waar hy dood verklaar is.

Die rede vir die bakleiery is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel