
Willem Kruger (29) word sedert 13 November gesoek nadat hy nie by sy bestemming opgedaag het nie.
Hy het met ‘n Toyota Hilux DAKAR Supercab-bakkie, registrasienommer FBH 948 L, gery.
‘n Beloning van R200 000 vir inligting wat tot die opspoor van Willem wal lei, bly staande.
Hier volg ‘n belangrike opvolg van af die Facebook-blad: Ons soek Willem Kruger:
‘n Deskundige van Pretoria het Saterdag ‘n ongeluk herkonstruktureer op grond van wielspore, soortgelyk aan die tipe bande wat op Willem se bakkie is, in die grond langs ‘n stuk plaveisel. Dit is nie ver van die laagwaterbrug nie.
Dit is gedoen om vas te stel of Willem se bakkie wel in die rivier kon beland het en volgens Sakkie Louwrens sê die deskundige verslag dui daarop dat Willem se bakkie wel in die Vaalrivier is.
Dit blyk asof Willem hom met die plaveisel misgis het en daar die rivier in is terwyl hy eintlik by die laagwaterbrug moes oorry.
Daar is egter nog geen teken van Willem of sy bakkie nie en die soektog is vandag by die rivier hervat, maar dit is nog nie bekend waar presies nie. Sterk rivierstrome bemoeilik duikers se soektog.
Phil Vermeulen sê dat daar steeds geen teken van die bakkie is nie, alhoewel daar alreeds met magnete, bote, helikopters, hommeltuie en perde gesoek is.
Die bakkie wat nog Willem se bagasie in het, verskyn nêrens op CCTV- of padkamera-opnames by die Lodge of vulstasies nie.
Ondersoekers glo inligting dui 90% dat die rivier die opsie is waar Willem en sy bakkie moet wees, terwyl 10% daarop dui dat hy moontlik elders raakgesien kon gewees het.
Ondervraging van die partytjiegangers duur voort. Willem se familie se gevoelens word in ag geneem met die deel van inligting van sy vriende af.
“Daar sal na Willem gesoek word totdaty hy gekry word en baie vrae sal dan beantwoord wees.”
Mike Bolhuis versoek dat vals inligting nie versprei moet word nie, omdat dit die ondersoek vertraag en ‘n emosionele uitwerking op sy geliefdes het.
Die inligting is om 12:40 bygewerk.
Enige inligting kan aan Sakkie Louwrens by 071 798 7954 of Phil Vermeulen by 082 604 4598 gegee word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



