Voertuig bots teen huis, bestuurder vlug

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuurder van ‘n silwer Hyundai IX 35 het gevlug nadat sy voertuig Sondagoggend in ‘n huis in Pricklepearweg in Waterloo – KZN vasgery het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 06:07 op die toneel aangekom en die voertuig op sy sy langs die woning aangetref.

’n Muur wat na die leefarea van die huis lei, het ineengestort. ‘n 29-jarige man het ligte beserings opgedoen nadat hy deur ‘n blok sement getref is.

Volgens getuies het die bestuurder van die voertuig besope voorgekom toe hy te voet in ‘n onbekende rigting gevlug het.

Foto’s: Rusa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.