Video: swart mamba van 2,2 m in huis gevang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Swart mamba van 2,2 m is Sondag in ‘n huis in Fiarviewlaan, Brindhaven, KwaZulu-Natal gevang.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulle is deur die huiseienaar gekontak nadat hy die gevaarlike slang onder sy stofsuier ontdek het.

Met die beamptes se aankoms by die huis het hulle die slang geïdentifiseer en toe vir Jason Arnold, ‘n professionele slangvanger, laat kom, wat die slang verwyder het. Die slang sal vrygelaat word in ‘n omgewing wat vir hom veilig en weg van mense af is.

Swart mambas is hoogs giftige slange wat teen 20 km/h kan beweeg. Hy is nie pikswart nie, maar sy kleur wissel tussen olyfgroen en donkerbruin bo-op met ‘n pikswart bek.

Twintig minute nadat jy deur ‘n swart mamba gebyt is, kan jy die vermoë om te kommunikeer verloor en binne ‘n uur in ‘n koma gaan. Na ses uur sonder teengif kan die dood intree. Slagoffers sterf weens verlamming en versmoring.

Teengif is beskikbaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.