In ‘n ope brief het 130 anti-geweldorganisasies en openbare figure teen geweld teen vroue en kinders die aktrise Amber Heard gesteun en geëis dat haar “openbare ‘shaming’” moet stop.
Een van die individue is die Verenigde Koninkryk se dr. Charlotte Proudman, ‘n advokaat wat in die hof veg vir meisies en vroue se regte. Sy verteenwoordig oorlewendes van verkragting en slagoffers van gesinsgeweld.
“As ’n kenner en advokaat in geweld teen vroue en meisies het ek ’n ope brief onderteken wat Amber Heard ondersteun. Meer as 100 van my kollegas het by my aangesluit. Lees dit asseblief,” het sy Woensdag getwiet.
Luidens die brief het die uitspraak in Johnny Depp en Amber Heard se lasterverhoor vyf maande gelede tot groot kommer vir baie professionele persone op die gebied van geweld deur intieme maats en seksuele geweld gelei.
Hulle beweer baie van die teistering is gemotiveer deur verkeerde inligting, vrouehaat, bifobie en ‘n gemonetiseerde sosialemediaomgewing waarin ‘n vrou se bewerings van gesinsgeweld en seksuele aanranding vir vermaaklikheidsdoeleindes bespot is.
“Dieselfde disinformasie en blamering van die slagoffer word nou gebruik teen ander vroue wat na bewering mishandel is,” lui die brief.
“Na ons mening dui die Depp v. Heard-uitspraak en voortgesette diskoers daaromtrent op ‘n fundamentele misverstand van geweld deur intieme maats en seksuele geweld en hoe oorlewendes daarop reageer.”
“Die skadelike gevolge van die verspreiding van hierdie verkeerde inligting is onberekenbaar. Ons het ernstige kommer oor die toenemende misbruik van lastersake om oorlewendes te dreig en stil te maak.”
Die brief is afgesluit deur die openbare blamering van Heard te veroordeel, hul ondersteuning vir haar te beklemtoon en ander te nooi om by hulle aan te sluit.
As an expert and barrister in violence against women and girls I’ve signed on to an open letter
— Dr Charlotte Proudman (@DrProudman) November 16, 2022
supporting Amber Heard. Over 100 of my colleagues have joined me. Please read it
below. #ExpertsForAmber #IStandwithAmberHeard pic.twitter.com/vV1KMKzZgb
Bronne: IOL, Twitter, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Nog Twitter-werknemers bedank



