Vierjarige beland in kanaal, verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vierjarige kind het Saterdagmiddag in ‘n waterkanaal beland en verdrink.

Volgens die SAPS- forensiese span het die kind naby Bongolethu in die waterkanaal beland. Die kind se liggaam is naby die George-brug gekry.

Die water is vroeër uit die Kammanassie- en Stompdriftdam vrygelaat vir ’n leibeurt.

Hoe die kind in waterkanaal beland het, is onbekend.