Vier kinders dood toe huis brand

Deel hierdie storie / Share this story

Vier kinders is dood en twee is beseer toe ‘n huis Woensdag vroeg in Noord-Iowa in die VSA aan die brand geslaan het.

Die Mason City-brandweer is omstreeks 05:05 Woensdagoggend na die huis in die stad ontbied. Luidens ‘n persverklaring wat deur die brandweer uitgereik is, kon spanne met hulle aankoms op die toneel die vlamme op die eerste en tweede vloer van die huis sien.

Die vier kinders wat dood is, is as John Michael Mcluer (12), Odin Thor Mcluer (10), Drako Mcluer (6) en Phenix Mcluer (3) geïdentifiseer.

Die brandweer sê die kinders se pa, John Michael Mcluer (55) en sussie, Ravan Dawn Mcluer (11) kon uit die huis ontsnap en word tans vir brandwonde in ‘n hospitaal behandel.

“Ons het vier kinders wat ons moet begrawe en dis baie moeilik,” het die kinders se oupa, Dale Brunning, aan KCCI gesê.

“Hulle was gelukkige kinders. Die tragedie het onverwags gebeur. Ongelukke gebeur – dis hoekom dit ongelukke genoem word.”

Volgens die brandweerhoof, Erik Bullinger, het die brand wees ‘n power strip op die eerste vloer uitgebreek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel