Stywepap-en-spek-vingers

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Heerlike bygereg vir ‘n braai!

Genoeg vir sowat 6 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: sowat 40 minute

Bestanddele

500 ml (2 k) water
10 ml (2 t) sout
400-500 ml mieliemeel
15 spekvleisrepies
peuselstokkies

Metode

Bring die water en sout tot kookpunt en voeg die mieliemeel by.
Verlaag die hitte en kook tot gaar. Roer elke dan en wan.
Spuit ’n bakplaat met kossproei en skep die gaar pap in die bak, sowat 2-3 cm dik. Druk die pap stewig vas en maak die bokant gelyk.
Laat staan tot stewig en sny in skywe.
Draai ’n spekrepie om elke skyf en steek vas met ’n peuselstokkie.
Braai die vingers oor matige kole tot die spek gaar en bros is.

Wenk: Jy kan ook ’n bakkie tamatie-en-uiesmoor hierby voorsit.

Bron: Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel