Een persoon is dood en vier beseer nadat ‘n vragmotor teen’n bakkie vasgery het.
Emer-G-Med se paramedici is Vrydag net na 08:30 na ‘n grusame ongelukstoneel in Durban op die N2 ontbied waar ‘n vragmotor teen ‘n stilstaande bakkie vasgery het.
Die bakkie, wat foutief was, het glo binne die geel streep gestaan terwyl werktuigkundiges besig was om daaraan te werk.
‘n Man in sy veertigs is op die toneel dood verklaar terwyl vier ander mans na ‘n naby geleë hospitaal geen het.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was op die toneel en die nodige ondersoek sal gedoen word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



