Liesl Laurie-Mthombeni gee vir haar ouma ‘n splinternuwe motor

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige Mej Suid-Afrika (2015) Liesl Laurie-Mthombeni het onlangs teruggekeer huis toe na Eldoradopark, Suid van Johannesburg, om vir haar ouma ‘n splinternuwe motor te gee.

In ‘n video wat op haar sosialemediabladsye geplaas is, het die model ‘n spesiale oomblik met haar ouma, Lola, gedeel, wat so bly was oor die motor wat haar kleindogter vir haar gekoop het.

“Dit is net deur die genade van God dat ek dit vir my ouma kan doen.”

Sy het daarin geslaag om die verrassing reg te kry met die hulp van haar man, dr. Musa Mthombeni.

“Aan my wonderlike man: dankie dat jy my gehelp het om dit reg te kry. Ek is so baie lief vir jou!”

Haar volgelinge het haar geloof vir haar goeie daad.

Bronne: IOL, Kaya959 FM, Instagram

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Basiese onderwysdepartement kritiseer ‘simpel’ petisie teen uniseks-badkamers