‘n Man wat Donderdagoggend in Texas afgeneem is terwyl hy bo-op ‘n vragmotor dans, is dood toe hy ‘n brug getref het.
Die voorval het volgens Mirror om 11:30 Donderdagoggend op die Eastex Freeway in Houston, Texas, plaasgevind.
Beeldmateriaal wat deur ‘n bestuurder van ‘n motor agter die voertuig geneem is, wys hoe die man op die Rapid 18-wheeler vragmotor klim en begin dans terwyl die vragmotor ry.
Die 25-jarige het sy heupe beweeg en sy arms in die lug gewaai toe hy ‘n eerste brug vrygespring het, maar toe hy die tweede keer weggekyk het, het die brug hom van die vragmotor afgestamp.
‘n Plaaslike koerant berig dat die man na die Memorial Hermann-hospitaal geneem is, maar daar dood verklaar is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



