Kleuter (2) sterf weens honger nadat pa (59) sterf – oorsaak van dood nou bekend

Deel hierdie storie / Share this story

David Conde (59) het in Februarie glo eerste aan ‘n hartsiekte gesterf, en daarna het sy seun, David Conde (2) weens honger in hul woonstel in Geneva, New York, omgekom.

Volgens ‘n nuusverklaring van die Ontario sheriff se kantoor het die voorval reeds op 15 Februarie plaasgevind, maar die oorsaak van hul sterftes is nou eers bekend gemaak.

Deputies het die oorsaak van hul sterftes hierdie week openbaar gemaak: David sr. is dood aan natuurlike oorsake weens kardiovaskulêre siekte en David jr. aan verhongering.

Nadat David sr. gesterf het, het die kleuter wat nog nie in staat was om na homself om te sien nie, ook gesterf. Ondersoek is eers ingestel ongeveer ‘n week nadat hulle nie meer opgemerk was nie. ‘n Welstandbesoek is gedoen, waarna die pa en seun se liggame in die slaapkamer gekry is.

Conde sr. het toesig oor die kleuter gekry kort na sy geboorte. Dit blyk asof hy nie kontak met sy ma gehad het nie. ‘n Gedenkdiens is op 16 Maart vir hom gehou. Hy laat sy ma en ses broers agter.

Bron: Daily Mail en Democfrat

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.