’n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie vermoor het, haar liggaam in 35 stukke gesny het en in verskeie plekke versteek het.
Die Delhi-polisie in Indië het Saterdag Aftab Ameen Poonawalla in hegtenis geneem na hy Shradha Walkar verwurg het.
Hy het haar liggaam in 35 stukke gekap en in ’n nuwe yskas gestoor en oor 18 dae die liggaamsdele in verskeie plekke weggesteek.
Haar pa het op 8 November na die polisie gegaan toe sy opgehou het om oproepe te beantwoord. Poonawalla is in hegtenis geneem. Hy het tydens ondervraging gesê hulle het dikwels baklei en sy wou met hom trou.
Bronne: IOL, Independent, IB Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iran vonnis nog iemand tot die dood



