Appel, die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, het in Oktober van ‘n trap afgeval en sy been beseer. Hy is vandag in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie.
Hy het vertel dat sy honde met sy aankoms by die huis na konserte in die Kaap só bly was om hom te sien dat hulle hom van die trap af gestoot het. Dokters het bevestig hy het sy kruisligamente geskeur.
“Daarsy, die groot dag het aangebreek, operasie tyd. Life Healthcare julle is fantasties, ongelooflike personeel,” skryf hy op Facebook. “Maak gou my knieg reg vir die naweek se optredes by Klerksdorp en Saterdag in Bloemfontein. Sien julle daar!”
Appel het die naweek by Afrikaans Is Groot-vertonings in ‘n rolstoel op die verhoog verskyn.
“Dankie vir almal se ondersteuning tot dusver. Afrikaans is Groot was onvergeetlik. Volgende jaar dans ek vir julle. Gaan die knieg Q20 spuit.”
Die naaswenner van Die Kontrak 2, Dodo Nyoka, het hom sterkte toegewens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



