‘n Man van Durban is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy 11-jarige dogter in Mei verkrag het. Die 33-jarige man het in die streekhof op Ntuzuma, KwaZulu-Natal, verskyn.
Die dogter het glo wakker geword terwyl haar pa besig was om haar te verkrag. Die pa is dadelik in hegtenis geneem. Die kind se tannie het die voorval aangemeld.
Die dogter is na die Phouenix Thuthuzela-sorgsentrum geneem waar sy berading en ondersteuning ontvang het.
Die pa se naam word weerhou om die identiteit van die kind te beskerm.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



