KYK: Steve kry “knop in sy keel” ná Ray Dylan sy lied sing en hele gehoor saamsing

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger, Ray Dylan, het vir Steve Hofmeyr “‘n knop in sy keel gegee” toe hy die naweek een van sy liedjies, Agter Elke Man, by een van sy vertonings gesing het.

Op ‘n video wat Dylan op sy Facebook-blad geplaas het, kan mens hoor hoe die gehoor Agter Elke Man se koorgedeelte saamsing.

Dylan het ook hier en daar sy eie woorde gesing om die lied bietjie humoristies te maak.

Kyk die video hier:

https://fb.watch/gP7IdZCqAP/

Agter Elke Man is ‘n televisiedramareeks wat in 1985 deur die SAUK uitgesaai was.

Steve Hofmeyr was een van die hoofkarkaters en die liedjie Agter elke Man was die temalied van die reeks.’

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.