KIMBERLEY. – Die Visiekansellier se fietsry-uitdaging van die Sol Plaatje Universiteit vind op Sondag, 27 November, 2022, vanaf 07:30 tot 14:00 by die Oppenheimer-tuine plaas.
Die inskrywings is soos volg:
5km – R100 (12 jaar en jonger)
50km – R250 (13 jaar en ouer)
105km – R350 (19 jaar en ouer)
Om in te skryf, besoek die Sol Plaatje Universiteit se webtuiste by www.spu.ac.za of stuur ‘n e-pos aan [email protected] of bel 053 491 0217.
Om ‘n stalletjie by die vlooimark te bespreek, kontak [email protected]/060 535 8830 of [email protected]/073 337 7447.
Die prysgeld is meer as R20 000 werd, alle fietsryers wat klaarmaak ontvang medaljes en daar gaan gelukkige trekkings wees.
Kom geniet die dag saam!



