Video verwyder: Helder oordag doodgeskiet in taxigeweld

Deel hierdie storie / Share this story

William Kunene (57) is Woensdag om ongeveer 17:00 koelbloedig in ‘n parkeerarea doodgeskiet toe hy by die Seadoone Mall in Amanzimtoti uitgestap het.

Kapt. Charlene van der Spuy, polisiewoordvoerder van Amanzimtoti, het bevestig dat die moord taxiverwant is.

Kunene het verskeie skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar. Hy is positief deur sy seun op die toneel uitgeken.

Die onbekende verdagtes het in ‘n blou-grys Volkswagen gevlug. Die moordsaak word deur die Eenheid vir Provinsiale Taxigeweld ondersoek.

Die video van die voorval is intussen deur YouTube verwyder omdat dit nie aan hul standaarde voldoen nie.

Op die video kon gesien word hoe omstanders vlug en skuiling soek tydens die koelbloedige voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.