Twee historiese militêre WWII-vliegtuie, ‘n Boeing B-17 Flying Fortress en ‘n Bell P-63 Kingcobra, het Saterdag om ongeveer 13:20 in die lug teen mekaar gebots by die Wings Over Dallas-lugskou.
Die vertoning is deur die Commemorative Air Force by die nasionale hoofkwartier by die Dallas Executive Airport uitgevoer.
Regter Clay Jenkins het bevestig ses persone is tydens die vliegongeluk wat as ‘n “aaklige tragedie” bestempel is, dood. ‘n Volledige ondersoek word na die voorval ingestel.
Bron: Airshow News en Ben Russell NBC5
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



